hoe vergeet ‘n mens ?

“Hoekom is jy al weer so haastig Shasha ? Ons het wanneer laas tyd aan mekaar spandeer. Soos in die begin jare. Onthou jy nog ?” Sy het geglimlag. “Ja ek onthou. Toe jy nog met hart en siel aan my behoort het.” Haar woorde het hom onkant gevang. Hy wou eers stry, maar hy het geweet sy was reg. Daarom het hy sonder ‘n word opgestaan en aan getrek. Haar ‘n oomblik styf teen hom vasgedruk. Baie styf. “Ek is baie lief vir jou Shasha. Baie.” Dit het amper meer geklink of hy homself probeer oortuig van die feit as wat hy dit vir haar bedoel het. Daarmee is hy uit die huis. Sonder ‘n koppie koffie en ontbyt. Hy het op die bankie in die park gesit. Sy kop in sy hande, sy arms gestut op sy knieë. ‘n Ou dame het langs hom kom staan. “My seun…” Het sy begin praat, ‘n effense kraak in haar stem. “Wanneer jy voel niemand kan jou help nie, is die Here al hulp wat jy nodig het.” Arno wou nog sy mond oopmaak om iets te sê, maar sy het net vir hom geglimlag, om gedraai en stadig aangestap. Sou dit ‘n voorbode wees ? ‘n Skim ? Dalk nog ‘n engel ? Tot vandag toe wonder hy. Maar sy gedagtes het hom gou weer beet gekry. Hy begin wonder oor die teenstrydige lewe wat hy lei. Sag het hy met homself gepraat. “Arno, jy moet besluit. Wil jy aan gaan met jou lewe soos dit is ? Wil jy aanhou om Shasha te vertrap terwyl sy so goed is vir jou of wil jy jou weë terug bring op die regte pad ?” Arno het nog so daaroor gesit en dink toe hy ‘n sagte hand op sy arm voel. Vir ‘n oomblik het hy gehoop dis Shasha. Gebid dat dit sy moet wees. Sy het altyd geweet hoe om hom beter te laat voel. Maar die noodlot was teen hom daardie dag. Die noodlot was uitdagend. Haar glimlag was verleidelik. Haar klere uitlokkend. Haar stem was so soet soos stroop. As hy maar net geweet het dat daardie vlammetjie wat hy voel brand, besig was om sy laaste hitte uit te brand. Haar glimlag, wat in haar oë ook gelê het, het stadig aan sy mondhoeke begin pluk. Haar bewegings was
sensasioneel. Uittartend. Nie omdat sy dit doel bewus gedoen het nie. Dit was maar haar manier. Die enigste wapen wat sy gehad het om te kry wat sy wil hê. Te hou wat sy gedink het aan haar behoort.

Uit gewoonte die afgelope tyd, voel Cindy weer oor haar maag. Wie sal ooit hierdie leë gevoel kan verstaan ? Die wonder van ‘n baba is onbeskryflik. Die geskenk wat uit die hemel vir ‘n vrou bestem is. Of in elk geval vir sommiges. Die trek op haar lippe is skaars merkbaar na buite, maar binne is sy bitter. Vergeet en vergewe is geen maklike taak nie. En om alleen daardeur te gaan…dis byna onmoontlik. Sy dink weer aan ‘n email wat sy eendag gekry het : Difficulty is the first stage of a miracle. However, for a great miracle the condition is not difficulty but impossibility.
Ja, en onmoontlik is dit beslis wat nou van haar verwag word. Daar is ‘n gesegde wat sê mens moenie in die verlede lewe nie, maar hoe moet sy na die toekoms kyk ? Sy kan skaars vandag oorleef. Cindy voel hoe die hoofpyn net weer erger word en raas met haarself. “Is dit nou hoe jy die vakansie wil omkry ? Ruk jouself reg Cindy. Netnou sien iemand jou.” Dis dan ook op die stadium dat sy die man se oë van ‘n paar sitplekke voor haar op haar voel. Maar sy gee liewer nie aandag daaraan nie. ‘n Man is beslis die laaste waaraan sy nou dink. Hannes was haar alles en nou is hy weg….vir altyd. Niemand sal ooit sy plek kan in neem nie. Vir ‘n vlietende oomblik hou sy oë haar tog gevange. Maar net ‘n oomblik. Dit laat haar terug dink aan Hannes. Daar kan nie nog twee persone wees wat so gelukkig was soos hulle nie. Die baba…Karien sou haar naam wees. Karien was waarvoor hulle so lank al gewag het. Oor gedroom het.

Dis twee uitreksels uit my roman “Hoe vergeet ‘n mens ?” wat binnekort hier bskikbaar sal wees. Daar sal 2 weergawes wees, aangesien dit ‘n hygroman is. Die een sal ek sensor vir die sensitiewe leser en die ander een sal in sy oorspronklike formaat wees. Maak asb seker dat u die regte een bestel sodat dit u smaak sal pas. dit is die eerste uitgawe en die eerste keer wat dit te koop aangebied sal word. ongelukkig sal dit net elektronies beskikbaar wees. hoop om binnekort vir julle baie meer tot diens te wees. hou asb die webtuiste dop !!

AMANDA BOUCHER
CELL 0832739894

Posted in Gedigte.

Leave a Reply