Hier naby U

Hier teen die voet van die kranse voel ek U nabyheid.
Elke varingblaar wat so fyn uitgekerf is.
Elke knoppie mos wat vorm soos U dit beveel het om te doen. Die rustige gang van die koel stroompie.
Heer, hier voel dit soos U ons lewens bestem het.
Weg van die stad se stres.
Geen niemand om my gemoed om te krap.
‘N plekkie waar ek weer myself kan wees.
Hier kan ek weer U stem hoor in my siel.
Hier kan my oë rus in die helder groen van die plante.
Heer, U nabyheid is tasbaar in die grond onder my voete.
Die eenman voetpad laat my weer onthou dat niemand my kan help om tot by U te kom. Dis ‘n saak tussen U en my alleen.
Heer, mag ek nooit hierdie foto uit my gedagtes wis.
Mag ek altyd terug keer na hierdie heilige nabyheid van U teenwoordigheid.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply