Hi Pa

Hi Pa, ek skryf maar my gedagtes neer,
Want ek hoor Pa mos nooit meer.
Ai tog, hoe verlang ek skielik na jou.
Hier gebeur so baie dinge waarvan Pa sal hou.
Ek wens ek kon net weer jou stem hoor.
Die liedere wat Pa altyd so kon sing in die koor.
Ag ek wou eintlik vir Pa wys hoe ons tuintjie nou lyk.
Ai tog, as die wasem net voor my siel se ruite kon wyk.
Ja, nog ‘n Christusfees sonder Pa om mee te deel.
Kosbare tyd saam Pa is soms van my gesteel.
Ek het nie veel meer nuus om te vertel.
En die woorde klink so dom en lomp, weet nie hoe om dit te stel. Anyway my Liefste Pa wou maar net laat weet ek mis Pa.
Dankie vir die voorbeeld en liefde vir alles wat jy my geleer het. Dankie dat Pa altyd daar was vir my.
Kom kuier gerus weer in my drome en gesels sommer oor alles in nog wat. Mis Pa baie vandag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply