Hemelvaart

In hierdie dae van onsekerheid oor die toekoms.
Moord wat as ‘n werk beskou word.
Werkloosheid en armmoede.
Mense wat hul geloof in die mensdom verloor het.
Kinders wat sonder ouers moet groot word.
Ouers wat nie weet waar hul kinders is nie.
Heer, in hierdie wêreld vol pyn, haat en ongeloof het U vir ons opgestaan. Hierdie dag raak ons weer stil Heer en dink aan U belofte.
Eendag sal U weer terugkom om ons te kom haal.
U het in drie dae in die dodereik gewandel om die verlore siele te red. En steeds vandag geld U beloftes ook vir ons.
My siel raak stil voor U en bewonder U. My gees raak bly en wil U lof besing. My oë sien die wonderwerke wat U steeds doen.
My mond belei dat U God is.
My God het waarlik opgestaan.
Kyk, die klip is weggerol die graf is leeg.
Die engele in die hemel vergader om Jesus op die wolke.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply