Help my verstaan

Heer, U almag is so onbeskryflik groot.
U wonderdade gaan ons klein verstandjies te bowe.
U gee op die regte tyd, dit wat ons die nodigste het.
Heer, maar help ons verstaan.
Ek is gelukkig want U gee so baie vir my.
Maar, Heer, ek sien so baie pyn om my.
Ek sien klein kindertjies met ongeneeslike siektes.
Ek voel saam met die mense wat ‘n geliefde verloor.
Heer, ek bid vir die mense wat sonder U deur hierdie lewe wil gaan. Heer, ek bid vir die wat dink hulle gaan alles verloor as hulle U volg. Heer, U genade is onbeskryflik groot.
Help my verstaan.
Heer, ek bid vir ‘n ma wat al haar kinders verloor.
Heer, ek bid vir ‘n man wat deur sy vrou verwoes word.
Heer, ek bid ‘n vrou wat nie kan verstaan waarom sy nou alleen moet aangaan. Heer, ek bid vir kinders wat in moeilike en gekompliseerde tye groot word. Heer, dankie vir dit wat U aan my gee.
Ek dra almal aan U op Heer, wat moeg gespartel is.
Ek bid vir oorwerkte nooddiens personeel.
Ek bid die dokter wat iemand vandag moes verloor onder die mes.
Heer, ek bid vandag vir die polisieman wat die lyk van ‘n verkragte dogter moes oplaai. Heer, ek bid vir orde in ‘n wrede w√™reld.
Heer, ek bid vir U wederkoms.
Help my verstaan waarom daar soveel pyn en smart is.
Heer, dankie vir wie ek is, en dankie vir my opvoeding deur twee wonderlike mense.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply