Heer dankie dat U luister

Heer, dankie dat U na ons luister
al is ons smeek gebed soms net n fluister
soms voel dit of ons gebede op dowe ore val
maar U het ons belowe dat ons gebede ons pad kan bepaal
Heer, dankie dat U ons n keuse gee
dankie dat U U hand hou op ons wee
Heer ons bid vir genade en verlossing
Heer ons bid vir die behoud van die mens
U ken ons elkeen se hartewens
Heer, U verstaan die mens se hunkering
U het gesĂȘ dat U na ons luister as ons opreg is in ons gebed hoeveel keer het U al aan ons gegee en maar ons het nie daarop gelet hoeveel keer het ons maar nog net gedink aan ons probleem
dan het U reeds vir ons die oplossing gewys
want U ken ons gedagtes en al dink ons net
staan U reeds gereed met ‘n vangnet
‘n vangnet wat bestaan uit ‘n vriend wat ons die oplossing wys ‘n vangnet in die vorm van ‘n vreemde hand wat na ons uitreik Heer, laat ons volgende keer oplet hoe U ons gebede beantwoord sodat ons kan besef U gee volgens U Woord.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply