Hangaf hoe die wind waai

Dalk sien ek jou binnekort weer, hangaf hoe die wind waai. As my skippie se seiltjie bol in die wind, sal dit binne ‘n paar dae wees. Maar as die wind van jou kant af waai, die sand jou spore toe maak, sal my siel verdwaal oor die wye vlaktes. Ek kyk ver voor my uit om die tekens te sien, maar die suidooster skuif die bakens wat my na jou moet lei. My spore loop al slingerend oor die warm sand, my voete brand. Dit hangaf hoe die wind waai. Ek verkyk my aan die mooi wolketoneel, verskeie skakerings van wit en witter. My kop draai en my rigting verander. My lippe raak droog en soek na die woorde wat ek jou moet sĂȘ. Dit hangaf, jy weet, hoe die wind waai. Dalk spoel ek nog op jou eiland uit. Dalk tel jy my gebreekte skulpies op. Dalk, net dalk, wanneer ek weer my ogies uitvee, staan ek tog, bakhand, voor jou deur. Dit hangaf hoe die wind waai.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply