Haloa

Goeie more, geliefde mensies. Gelukkig is die wat glo en bid. Belas jul tog nie met dit wat jul nie kan sien nie. Wees tog nie bevrees wanneer die donder buite bulder. Wees vinnig om ‘n goeie gebaar te bewys. Maar weerhou julle daarvan om ander te oordeel. Wees eg in jou vriendskap en staan mekaar by. Gaan nou in vrede en weet dat jy geliefd is. Glimlag altyd en wees voorbereid. Jy is ‘n Koningskind ongeag of jy so dink. Die Here sal jou nooit verlaat. Wees dus rustig en doen waarvoor jy geskape is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply