Groot 50

Die groot 50

Soms dink mens dit is erg om oud te word
Maar solank mens jonk bly van gees kan jy niks kort
Vir my is jy dieselfde jongman wat ek onthou
Vir my is jy steeds die hoeksteen waarop ek bou
Jy is steeds die een wat my laat glimlag
Jy’s steeds die rede waarom ek nie bang is vir die nag
Jou lagplooitjies onthou my van ons gelukkige ure saam
Dankie dat jy steeds die een is wat my lief het
Dankie dat jy steeds die een is wat my foute miskyk
Jou woorde laat die donkerwolke wyk
Jou glimlag maak alles die moeite werd
Jou uitkyk op die lewe leer my geduld
Jou hande laat ‘n rilling deur my binneste gaan
Jou bene onthou my dat jy die een is wat my dra
Jou voete bring my elke keer weer terug aarde toe
Jou liefde laat my oë blink
Dankie vir wie jy is
Mag die Here jou nog lank by my hou
Mag Sy liefde jou omvou en beskerm

Posted in Gedigte.

Leave a Reply