Goeie more

Goeie more. Mense word op jou pad geplaas vir verskillende redes. Soms verstaan jy nie waarom iemand op jou pad is nie. Somiges maak jou seer en ander laat jou lag. Sommiges raak jou siel aan. Soms leer jy van die een van wie jy dit die minste verwag. Wees dankbaar vir elkeen wat jy ontmoet, want hulle vorm jou. En hulle het jou ook nodig. Gaan in vrede vandag en wees dankbaar vir wat jy het, daar sal altyd iemand wees wat jou beny al dink jy jy het niks. Geskryf deur Amanda Boucher.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Amanda dis waar woorde.

    Elke persoon wat ons pad kruis het n doel. Hulle vorm ons, soms breek hulle ons, maar uit elkeen leer ons iets

    Mooi dagie
    Twenitha

Leave a Reply