God se skildery

My siel juig vanoggend.
Die dag begin met ‘n swart doek.
Stadig word die grys agtergrond opgeverf.
Die duifie koer bly en maak almal wakker.
“Kom kyk. Kom kyk. Die Skilder is hier”
Eers word die horison ingekleur. Ligte skakerings wat sag is op die moeë oë. Algaande word die oranje strepe ‘n dieper kleur.
‘N versekering dat God ook elke dag aan ons skilder.
Ons elke dag ‘n kans gee om oor te begin.
Heer, dankie vir die mooi skildery wat elke dag net vir ons geskilder word. My siel juig want U is awsome.
Die teken dat ons ‘n Lewende God dien.
U skildery bring nuwe lewe in elke dag.
Soms los die wolke strepe oor die son.
Soms loer die son maar net so vinnig deur die grys wolke.
Net om vir ons te sê: dis sal weer beter word.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Dankie Vir die Sonskyn Heer,

    Dankie dat niemand die sonlig kan uit doof nie

    Dankie dat ek die lig kan sien, en nie blind is nie.

    Dankie dat ek kan skyn vir U, Onse Heer en Koning.

    Dankie dat U die Sonskyn is in my lewe.

    Help my dat my Sonskyn nooit as verander in n Kerlig nie.

    Laat ons skyn vir Jesus met n Helder glans.

    Amen

    WHAT WE DO, WE DO FOR OTHERS

    http://www.woundcare.co.za/

    logo

Leave a Reply