Glimlag-oomblikke

My gedagtes ritsel oor jou glimlag-oomblikke in my lewe,
jy’s my alles wat my asem gee.
Elke tree wat jy voor my uit loop
laat my jubel en vrolik sing.
Ek weet ek sê dit te min,
en soms antwoord ek somder om regtig te luister,
maar my gebede is altyd daar om jou te versterk.
My drome bou ek om jou as my middelpunt.
Ongeag waarmee ek besig is,
my gedagtes draai kort-kort om jou.
My hand volg die lyne om jou glimlag,
sodat ek dit my myne kan aftrek as ek hartseer is.
Jou skoene wil ek aantrek sodat ek in jou spore kan volg.
My soene plak ek in jou handpalm sodat jy dit naby jou hart kan dra.
Dankie my liefling dat jy steeds aan my sy is.
Dankie Heer vir hierdie besondere lewensmaat.
U het ons vir mekaar geskape.
Dankie vir die voorreg om U in ons lewens te mag hê.
Sonder U genade beteken ons liefde niks.
@ geskryf deur Amanda Boucher 24/09/2017

Posted in Gedigte.

Leave a Reply