Gevoel

Die diep oranje van die sonopkoms. Die melkweg met donkermaan in die bosveld. ‘N rou kreet wat deur die nagstilte skeur.
‘N jakkals wat voor sonop vir oulaas na sy maat roep.
Die diep brul van ‘n leeumannetjie.
Die reën op die grond voor jou op ‘n warm droeë dag.
Die reuk van vars dennenaalde in ‘n plantasie.
Die vry gevoel van stap in die woud hand aan hand.
Die liefde wat in jou hallo versteek lê. Dit is die gevoel van ware geluk. Dis die gevoel van jou.
Die reuk van jou.
Dis hoe jy my laat voel.
Vry.
Volkome vry.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply