Getsemane

‘N jong man in die fleur van Sy lewe.
Van jongs af besig met ‘die Dinge van Sy Vader’.
Ten alle tye bewus van die groot taak op Sy skouers.
Van die begin af bewus van Sy pynlike ‘ontydige’ dood.
Maar niks en niemand het Hom terug gehou om Sy doel te dien. Gehoorsaam in elke opdrag. Nooit te besig om na die mense om Hom te luister.
Jesus kon enige tyd Sy einde gewysig het.
Maar Hy’t geweet ter wille van ons moes Hy dit alles deur maak. In die laaste dae, afgesonder om nader aan God te kom.
Sy moeë liggaam in ‘n biddende houding.
Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees vereenig in gebed. “My Vader, laat hierdie beker by My verby gaan” Net om ons te laat verstaan, God het mens geword.
Sy Seun het van die vrese en gevoelens van ons aangeneem. So kon Hy verstaan waardeur ons gaan. So kon Hy sien wat ons moet deurmaak as mens.
Maar meer nog: sodat ons Hom kon sien en beleef.
“Vandag sal jy aan die regterhand van God wees. Jou sonde is jou vergewe.” Geseënd is hy wat nie gesien het, maar steeds glo.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply