Getroue Vader

Vandag kom staan ons voor U Vader met ‘n dankbare hart.
U liefde is so getrou.
Soms verstaan ons nie die pad waarop ons stap.
Soms kom ons voor ‘n afgrond.
Heer, U liefde dra ons deur elke fase van ons lewe.
So getrou bring U elke dag vir ons ‘n antwoord.
Heer, U is altyd besig om vir ons planne te maak.
Gereeld stuur U mense op ons pad.
Heer, U liefde is so getrou.
Soms weet ons nie eens van probleme wat ons kan tref nie.
Heer, soms kry ons nie wat ons voor vra nie.
Maar altyd Heer, altyd sal U ons die regte antwoord gee.
Altyd sal U ons die regte antwoord gee op die regte tyd.
Heer, U liefde is so getrou.

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply