Geringe woorde

My woorde klink soms so ongevoelig.
Ek is nie in jou omstandighede. En ek is nie jy nie.
Die pad wat vir my uitgepak is het nie die styl opdraandes wat jy moet loop. My woorde is soms so klein teenoor die berg wat voor jou is. Heer, ek bid vir hierdie besondere mens.
Ek bid dat U seën oor hom sal wees.
Ek bid dat U haar die krag sal gee vir nog ‘n dag.
Heer, U alleen kan vertroosting bring.
U alleen kan weer sy oë op U fokus.
Heer, klein dingetjies wat ek met gemak doen sukkel sy mee weens haar omstandighede. Ek bid U guns en goedheid oor hierdie geliefde kind van U.
Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply