Genoeg

Sal my liefde genoeg wees om vir jou ‘n lig in die donker te wees ? Sal my woorde jou kan dra as jy my nie meer hoor ?
Sal jy my aanraking kan voel wanneer die wind oor jou streel? Ag my liefste, is my liefde genoeg vir jou ?
Kan jy dit om jou vou soos ‘n warm kombers?
Wat kan ek nog sĂȘ, my geliefde?
Hoe styf moet ek jou teen my hou ?
As ek net kon weet dat my aanraking vir altyd troos sal bring. Hoe sal ek weet my liefste ?
Waar kan ek gaan kyk of ek dit reg doen ?
By wie kan ek gaan hoor hoe mens dit doen ?
Ag my geliefde, aanvaar hierdie paar woorde as my liefdesoffer. Onthou hierdie belofte wanneer jy eensaam voel.
Voel my sagte hand op jou wang as jy huil.
Voel my tere liefde op jou lippe as jy woordeloos eenkant staan. My liefling, weet dat my liefde eg is. Want jy is kosbaarder as kosbaar vir my.
Sonder jou sal ek vergaan.
Ek is so onsaglik lief vir jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply