Gee jy ooit om?

Jy staan voor my en ek sien jou glimlag. Ek voel hoe jou hande bewe oor my lyf. Ek ken daai skewe glimlag van jou, maar sien die pyn in my oë? Gee jy ooit om dat ek ook drome het? Maak dit aan jou saak dat ek eintlik iewers anders wil wees? Jy gaan huis toe na iemand wat jou lief het van hier. Jy gaan terug na ‘n perfekte huis. Niemand weet van jou geheim, behalwe ek. Maar ek word gebrand merk. Ek word name genoem. Vernederende name wat elke dag in my pad staan. My drome word plat getrap met hoëhak skoene. My vrese word verberg agter verleidende klere. Die mooi liefdes woorde wat ek wil sê word verdraai deur woorde van lust. Dink jy nie ek verlang na ware liefde? Ek soek ook iemand wat my wil vertroetel vir wie ek is. My hele wese word verdraai vir ‘n paar randjies. Gee jy ooit om dat ek ook drome het? Sien jy ooit my trane raak? Erken jy ooit die vrees in my oë oor jou siek verwagtinge. Eintlik verag ek jou. Eintlik haat ek elke oomblik wat jy aan my raak.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply