gedagtes van ‘n eensame siel

Ek sit en staar voor my uit en my gedagtes dwaal
Ek wonder of U my sal kom soek as ek verdwaal
My voetstap is onvas en sleep agter my aan
Wie sal my kom help ? Wie sal verstaan ?
Ek voel baie alleen en verstote
Ander se raad weerklink in my kop soos geweerskote
Waar het alles verkeerd geloop is wat ek wonder ?
Heer, waarom sien ek net blitse en hoor donder ?
Heer, het U my verlaat of is dit ek wat U verlaat het ?
Ek steek my hande uit na U kan U my nog red ?
My hele wese voel stukkend en gedaan
Ek wens ek kon net vergaan
Ek sit en staar voor my uit my gedagtes dwaal
Heer, ek vra dat U my sal kom haal
Ek vra dat U my siel tot stilte sal ruk
Ek vra dat dit U sal wee swat aan my mou kom pluk
Stuur ‘n klein teken dat U my nog lief het
Stuur ‘n paar woordjies as bewys dat U my wel sal kom red
U weet dat ek wil terug draai, ek loop reeds agteruit
My truspieël is toe gewasem en vuil
Heer, hoor my smeking in hierdie donker uur
U weet ek kan nie langer hier pyn verduur
Heer, hoor my hulpkreet
Maar kom vinnig my tegemoed
Ek voel die dood aan my beendere vreet
U belofte is werklik en U genade is soet
Heer, dankie dat U my leer bid in hierdie eensaamheid
Heer, dankie vir genade en vreedsaamheid

Posted in Gedigte.

Leave a Reply