Gebroke

Woorde klink soms te veel en te hard.
My siel lê oop gevlek, verward.
Ek sien die silver straal wat die wolk so mooi afets.
‘n Duidelik bewys van iets grootters, beter agter die donker. Heer, en my siel bid vir haar.
Heer, hoor my smeking bo die snik.
Rou krete van ‘ek kan dit nie begryp’.
Harde, leë, betekenlose woorde van selfverwyt.
Die oor en oor berusting oor iets wat onherroeplik verby is. Die leë gevoel van mislukking, die gevoel van ‘n leun wat vir jare geleef is. Heer….
Ek kyk weer na daardie wolk en bid ‘n smeekgebed.
Heer….
Ek kyk, Heer, maar ek sien net stukkende glasskerwe.
Heer…
Ek roep U aan Heer.
Net ‘n smeekgebed vir haar.
Net U genade Heer, om haar van agter regop te hou.
Net die strale van U genade om haar te omvou.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Baie dankie vir elke inspirende woorde. Wens ek kan daagiks so boodskap van inspirasie kry. Het dit so nodig asseblief. Mag God elkeen van julle ook seen

Leave a Reply