Gebroke ligstraal

Gebroke soos die strale van die vuurtoring, klink die klanke uit my kitaar. Die monster wat my deur die storms nader trek, dwing my weg kyk van die lig. Die seewater, wat my mond deurspoel, verdraai my roep omhulp. Met gebuigde anker dryf ek doelloos rond. Soms kom die maan se strale, deur haar woorde aan my: Hou vas aan dit wat goed is in jou, sien die lig wat iewers in jou nog skyn. Maar die monster in my lag dan net harder: Regtig ? Daar is niks goed in jou. Jy is myne want ek sê so. My gedagtes vind soms ‘n rede om darem te glimlag, die ander kant in my ook te lig om die grynslag in ‘n glimlag te verander. Ek wil my hande uit hou na jou, maar die seekat gedagtes trek my net weer weg. My kitaar sal speel wat my binneste nie mag vra. My oë, soms verblind vir ‘n oomblik, sal altyd na haar glimlag soek. Die roste bring vertroostende einde: Ongeag, of my seekat monster my arms gaan terug hou en my boot teen die roste oopbars En of sy nog daar gaan wees om met haar klaviernote my sal kan uitlig na veiligheid. Die einde is in sig. En dis net ‘n kwessie van tyd. Die lig wat oor die golwe pols is ‘n hartseer troos. Wat sal ek maak sonder my seekat monster ? Sal ek die guitar man op die rotse kan speel, vir haar ?

Posted in Gedigte.

Leave a Reply