Gebed

Heer, in hierdie tyd waarin ons leef vergeet ons van U.
Ons alledaagse doen en late neem ons tyd inbeslag.
Ons hou ons besig met dinge wat ons dink ons vervul.
Heer, bring ons terug op ons knieë.
Leer ons weer die waarde en krag van gebed.
Heer, sonder gebed is ons lewe leeg en doelloos.
Al ons pogings is verniet as ons nie U hulp vra nie.
Heer, ons onderskat die krag van gebed.
Ons besef nie dat U ons gebruik selfs wanneer ons slaap.
Wanneer ons wakker lê in die nag, Heer, dan het U nodig dat ons bid. U werk deur ons selfs wanneer ons dit nie besef nie.
Heer, hou ons nederig sodat alle lof U toekom.
Heer, dankie dat U altyd in beheer is.
Dankie dat U ons plaas waar U ons nodig het.
Heer, dankie dat U ons gebede verstaan veral wanneer ons nie woorde het nie.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply