Gebed vir reën

Heer, hoor ons smeekgebed vir reën.
Mens, dier en plant staan afwagtend op U genade.
‘N droeë graspol waai vermakerig verby.
‘N tinktinkie wip van die skrik.
Die grond is hard en droog.
Stof waai oral deur elke gaping in.
Heer, hoor ons smeekgebed in hierdie aand.
Laat U genade oor ons neerdaal en lafenis bring.
Heer, die son se strale bak oor die dorre aarde.
‘N bok waak oor haar pasgebore lam.
Waar sal sy water kry vir haar lam ?
Die bobejaan sit op sy klip, kyk ver oor die dorre veld.
Die groot akkerboom wonder waar
gaan hy krag kry vir sy nuwe
blare.
Heer, ons smeek vir U genade.
Heer, stuur asb U wonderwater oor die aarde.
Heer, raak ons aan en verhoor ons smeekgebed.
Mens en dier en veld wag vir die gedruis van die revier.
Almal wag inspanning vir die hemele
om U wonderwater te sprei
Heer, ons dank U want U genade is groot.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply