Gebed vir jou

Heer, U ken hierdie gebed se naam.
U weet vir wie hierdie gebed bedoel is.
Heer, maak haar hartseer stil in hierdie oggend.
Heer, raak hom aan waar sy trots hom terughou om tot U te nader. U weet wie vanoggend tot stilstand geruk is.
Wie se wêreld omonkeerbaar verander het.
Heer, ek bid vir die persoon wat sonder woorde na U roep.
Heer, soms is die pyn net te veel.
Soms is die laste net te swaar.
Dankie dat U die beste weet.
Dankie dat U die toekoms ken.
Heer, ons loof U groote Naam.
Ons prys U wonderdade.
U is die rede waarom ons kan staande bly.
Sonder ons geloof, Heer, het ons niks.
Heer, ek bid dat U die persoon sal aanraak wat hier lees.
Laat U guns op hul neerdaal.
Heer, U is die Lewende God.
U goedheid ken geen perke.
Heer, herstel die vrede en liefde in ons pragtige land.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply