Gebed vir jou

Heer, soms is woorde so betekenloos.
Soms probeer ons iemand vroliker maak met ‘n glimlag.
Soms vertel ons ‘n stupid grappie.
Heer, selfs om te sĂȘ : jy’t so baie om voor dankbaar te wees. Heer U ken elkeen se omstandighede. U weet soms help al hierdie woorde niks.
Soms wil ek my geliefdes net styf vashou.
Maar die heel beste is ‘n spesiale gebed.
Een waar ek vra vir U genade oor hulle.
Want net U, Heer en daardie persoon sal weet wat aangaan.
Soms is omstandighede net te veel.
Heer, daarom dra ek hierdie spesiale persoon op aan U.
U weet wie nou hier lees.
U ken hierdie persoon se tekortkome.
Heer, dankie vir U liefde en genade.
Dankie dat ons al ons probleme aan U kan gee.
Heer, soms het ons ‘n ander nodig.
Dankie dat U ons so goed ken.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply