Gebed vir Ilse

Heer, seen hierdie kindjie tot U eer.
Gee dat sy vroeg in haar lewe U aanneem.
Bewaar haar van slegte dinge.
Heer, U het haar gevorm en geskape vir ‘n doel,
gee asb. dat sy vroeg in haar lewe reeds haar talente tot U eer gebreuk. Heer, bewys U genade ook vir haar.
Laat haar donkerste dag steeds vol sonskyn wees.
Heer, U ken haar mense en omstandigehede,
gee dat sy ‘n lighuis vir hulle sal wees.
‘n Bondel vreugde en plesier.
Gee dat almal saam met haar sal lag en die lewe geniet.
Heer, beskerm ook haar ouers en gee hulle die krag om in liefde na haar om te sien. Om deur hul voorbeeld, haar na U te bring.
Heer, dankie vir Ilse, U het haar met ‘n doel geskape.
Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply