Gebed van een wat sug en steun

Soms, Heer, loop ek weg van U liefdesarms,
soms vergeet ek, hoe belangrik U omhelsing regtig is.
Vergewe my dat ek soms vergeet om my seëninge tel.
Dankie Heer, vir die voorreg om ‘n vrou te wees.
Dankie vir die besondere mense wat my pad daagliks kruis.
Heer, hou my stem sag en my liefde opreg.
Leer my weereens om te vergewe, maar veral om te vergeet.
Hou my vas Heer, wanneer my gedagtes van U af verdwaal.
Heer, so maklik verloor ons fokus.
So maklik trap ek soms in die strikke van die lewe.
Heer, my kennis is so verskriklik min oor wat daar buite aangaan.
Ek wil al die mense aan U opdra.
So baie seer en geestelike pyn word daagliks verberg.
So baie mense probeer met maskers deur hul pyn werk.
Ek bid U Heilige Gees oor hulle.
Dankie vir die voorreg om die goeie in die lewe te ervaar.
Dankie Heer, vir die ontelbare seëninge in my lewe.
Heer, hierdie gebed bid ek vir elkeen wat vanaand wonder oor U bestaan.
U wonderwerke bid ek oor elkeen wat vanaand ‘n vloek oor U wil spreek.
Heer U genade is ook vir hulle.
Dankie Heer, dat U vir ons tekens stuur uit die hemel.
Dankie dat U ons so onsaglik baie lief het.
Heer, ek bid U seën oor elke persoon op aarde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply