Fotodig

Op ritme van jou hartslag
ontvoer jy my oor jou blaarbedekte vloer
die klank van jou skor, emosievolle stem dra my sagkens
verleidend begelei jou gespierde liggaam my
Elke beweging, hoewel onbeplan, werk saam tot ‘n klimaks
Jou vingers streel oor my oop rug en vorm sagte pêrels
My heupe, uitdagend, swaai weg van jou en draai weer terug
Die musiek neem ons sinne oor
In jou oë lees ek die gedig wat jou liggaam oor myne skryf
sagte woorde op die ritme van jou onstuimige siel
Die stormsterkte winde bars deur jou are en maak jou danspasse sterker Soos my gevoelens, stoot jy my weg van jou,
maar voor ek my derde tree kan gee, tol jy my weer nader
Ons liggame stop teen mekaar, bonsend, ontstuimig, soos die emosies in ons Die musiek hou ons in mekaar se arms
lyf teen lyf
tree vir tree
sonder woorde, want siele praat deur die oë en luister na die beweging van die liggaam

Posted in Gedigte.

Leave a Reply