Fotodig: afwagtend

Elke sintuig in my liggaam wag op jou:
jou sagte woorde plof op die droeë grond voor my
jou vinger se aanraking bring stukkies sonstrale oor my skemer sonopkoms Met dagbreek sien ek jou voetspore waar jy om my dans
In die stilte van hierdie oggend uur is jou stem strelende musiek ‘n ego van vertroulike woorde wat my laat lewe kry
die warm gevoel in my siel sprei egalig oor die res van my lyf pêrels vorm oor my vel soos jou asem my naam liefdevol uitspreek Ek voel my voete teen joune
saam dans ons in gelit op maat van ons hartsmusiek
jou hande stuur my na ‘n beloofde land jou woorde vul my met vrede en vreugde Jy en jou stem vol beloftes

Posted in Gedigte.

Leave a Reply