Fokus

Iewers kom mens langs ‘n kruispad tot stilstand.
Jou bors pyn van die dors, jou asem jaag, ‘n padkaart in jou hand. Soos jy staan en wonder watter kant toe, kom iemand verby.
Jy sien die glimlag, die varsheid van gees, en wil saam ry.
Jou kaart wys jy moet reguit aanhou vir jou bestemming,
maar die opgewonde stemme maak jou doof.
Jy word van jou menswees en wie jy is beroof.
Jy hoor net die wiele van die blink vaartuig sing.
Die lugverkoeling en die koeldrank is ‘n tydelike lafenis.
Maar wees gewaarsku, jy het jou weereens misgis.
Weereens kom jy voor ‘n kruispad, moeër en uitgehonger.
Jy staan verslae en wonder.
Die antwoord is tog eenvoudig.
Jou kaart wat jy moet volg en jou weë sal rig,
is wat jy moet volg om jou doel te vervul.
Moenie fokus verloor en toe laat dat die onbekende jou verkul. Vra vir Jesus wat Sy doel vir jou is.
Volg in Sy voetspore om God se liefde te verkondig.
Wees vir die ander mense se donker tonnel die lig.
Gaan nou in vrede en wees geseënd op jou reis.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply