Fancyface

Jou spore loop voor my uit op die nat sand.
My hart brand nog van ons stap, hand-aan-hand.
Die rooi gloed van die sonopkoms omvou jou lyf hier voor my. En wanneer jy omdraai voel ek die hitte van jou lyf soos my hand daaroor gly. Onbewus van die golwe wat ons voete omvou.
Onbewus van die nag se grou.
Ons oë ontmoet en iewers verskiet ‘n vreemde ster.
Ons sweef na ‘n ander planeet, iewers vêr.
Om by jou te wees maak my siel rustig en stil.
Soos die bergstroom se water kan net jy my lewe vul.
Jou dans van liefde voer my oor die bergtoppe heen.
Jy speel my soos ‘n pop terwyl jou liefde oor my reën.
My Fancyface is jy.
Die een by wie my liefde bly.
Sal jy ooit weet hoe oneindig lief ek jou het ?
Jy’s my fancyface.
Die een wat my die pad na ware liefde wys.
‘N gedig opgedra aan Natasha van Deon

Posted in Gedigte.

Leave a Reply