Facebook newsfeed post by: Amanda Boucher

Amanda Boucher wrote:

Wat sal my laaste woorde wees as U my nou kom haal?
Sal ek kans kry om my geliefde te groet en dankie kan sê?
Sal ek weet Heer, en U by my voel?
Of sal ek U kan sien?
U is so groot en heilig Heer
niks op aarde, onder in die see, of vêr bo in die heelal
kan gebruik word om met U te vergelyk.
Niks wat ons hoor kan U stem namaak
geen gevoel sal ons laat verstaan hoe lief U ons het.
U het satan mag gegee om enige iets met ons te doen, behalwe een ding: Net U alleen kan besluit wat van ons siel gaan word.
So baie mense worstel oor die siel van die mens.
U het dit so heilig gemaak soos U is.
Elke liggaamsdeel en orgaan kan behandel of vervang word.
Ons kan dit in prentjies en foto’s gaan opsoek in die internet. Maar ons siel behoort net aan U.
Heer, laat my dan bid vir elkeen op aarde se siel.
Heer, U praat met ons in ‘n taal wat ons siel verstaan.
Wanneer ons dus deur ons siel met ‘n ander vereenselwig,
is dit U wat deur ons werk.
Heer laat ons dus stil raak en luister met ons siel.
Heer, sou ek nie die kans kry om nag te sê
sou ek nie ‘n laaste woorde met my vriende kon praat,
sou hierdie my laaste gedig wees Heer, wil ek steeds U lof besing. Wil ek net dankie sê aan elkeen wat my lewe aangeraak het
te min sê ons aan mekaar “Ek het jou lief”
te min sê ons aan mekaar “Ek is jammer”
Jy, my vrind wat hier lees, is kosbaar en spesiaal.
Pas jou siel op.
Kyk waarmee is jou gedagtes besig want dit voed jou siel.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply