Facebook newsfeed post by: Amanda Boucher

Amanda Boucher wrote:

My vingers streel oor jou koue klawers
wit en swart, swart en wit
huiwerig, want ek moet altyd sterk wees,
ek is die vrou, die een wat die emosies in die huis bepaal.
My hande bewe effe, soos my siel
soekend na die kleur wat jou klank sal voortbring
Stadig voel ek jou kragte begin my vul
sal die soet klanke die donkerte in die gang verjaag
sal jou warm note teen die toe ruite opwasem
Dalk ‘n verbyganger ‘n oomblik laat vertoef
antwoorde gee aan sy moeƫ gedagtes
Ek voel hoe jy my intrek in jou eiesoortige ritme
My saam met jou wiegelied troostend aanraak
Ek voel die liefde wat jy my terug gee in elke noot
Soms moet jy my swaar laste in jou klawers opneem
dit verdraai en in ‘n vrolike ondertoon tot teen die dak verdruk Soms moet my trane in stroompies teen jou klawers spat
Maar altyd sal jy my geheime in jou klanke toevou
Altyd sal jy getrou op my wag
Saam kan ons klanke optower
Saam, wit en swart, swart en wit
Soet klanke teen die bitter koue

Posted in Gedigte.

Leave a Reply