En toe kom U

Soos altyd het dit dag geword
soos altyd het ek nie besef dat iets kort.
My lewe het sy gewone gang gegaan,
ek het hier, in my eie wereld, bly staan.
Onverwags het U daar verby gekom.
En my wereld het begin spin, om en om.
Daarna het ek die son sien opkom in elke glimlag.
En nooit weer was daar ‘n vervelige dag.
Nie een liedjie was maar net geluide nie.
Nie een blommetjie was maar net vaal.
Geen probleem kon my onderkry.
En my hart is dankbaar en bly.
U het my ‘n kans kom gee op die Ewige lewe.
U het my ‘n uitweg kom gee om na te strewe.
U het my van baie wonderlike dinge kom leer.
U Naam sal ek loof, U wonderdade sal ek eer.
En toe kom U om ons lewe te verander.
Heer, ek bid vir Suid Afrika om tot U te nader.
U alleen kan weer orde skep in ons land.
Ons gee Suid Afrika in U hand.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply