Elke tree

Elke tree wat ek verder stap bring my eintlik nader,
elke rede wat ek teen jou bedink laat my net meer onthou
elke oomblik sonder jou is ‘n dag saam met jou
soos ‘n stroom waarvan die water op gedroog het
vloei my liefde soos ondergrondse lawa
broeiend soos ‘n donderwolk
afwagtend stil vir die volgende saamwees sekonde
‘n vinnige kyk in jou verlangende oë
jou aanraking stol my tot stilte
‘n oorvloed woorde wat my gedagtes weg voer
binne my siel is jy ingeprint

Posted in Gedigte.

Leave a Reply