Ek wonder maar net

Ek hou jou maar op ‘n afstand, ek wonder maar net: is jy net nog ‘n skim wat deur my bos kom stap, of is jy die een wat die rekord gaan hou. Jou oë hou myne vas, en my voetval is net agter joune. Maar as jy om omdraai en na my kyk, voel ek skielik onseker-bang. Wat as jy my net ook gebruik? Hoe sal ek kan staande bly, as jy ook, soos die res, net weer wegstap. Ek sal my mure hoër moet bou, niemand sal my weer kan sien. My grasperk sal ek met stene vervang. My hand bewe in joune. My stem kan ek nie vertrou. In my oë sal jy wel die opwinding lees. Moet seblief net geen beloftes maak. Wees ook sag wanneer jy aan my raak.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply