Ek wil langs jou lê

Ek wil net langs jou lê totdat die stad stil raak
en luister hoe jy asemhaal.
Ek wil elke dag die een wees wat oor jou waak.
Ek wil saam met jou al jou drome gaan haal.
Vêr bo die lawaai van die stad wil ek jou silhoeët bekyk.
En soos die stadsliggies sal my probleme een vir een wyk.
Die aanraking van jou hand oor die duining van my lyf
laat elke spier in my liggaam verstyf.
Die fluistering van jou stem so naby my wang…
Jou liefdes woorde die begin van wonderlike sang.
Ek wil net langs jou lê tot die stad stil raak.
En luister hoe jy asem haal.
En luister hoe jy asem haal.
In die stilte van jou aanraking sal ek die waarheid hoor.
In die woorde van die kriekekoor.
Jou lippe sag en smagtend op myne gerus.
Is ‘n stille belofte, seker en gewis.
Jou warm liggaam vertroostend teen my.
Ons gedagtes besig om mekaar te verlei.
In die stilte van die blare se geritsel,
in die stilte van die donderweer,
in die hitte van die koel nagwind,
in die wete van ons samesyn
wil ek langs jou lê tot die stad stil raak
en luister hoe jy asemhaal.
Die stilte van jou uitroep in die donker nag.
Die blink in oë, wat ‘n prag.
Die dans van jou liggaam op die ritme van my tromslae.
Die stilte van ons samesyn in die maanlig.
My liggaam styf teen joune.
Die ritme van jou asemhaling in my ore.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply