Ek verstaan

Wees lief vir die mense wat Ek op jou pad geplaas het.
Gee hulle van jou tyd en kennis, maar luister ook na wat hulle jou kan leer. Jy hoef nie alleen deur jou dagtaak te worstel nie.
Weet dat Ek altyd by jou is.
Plaas jouself vir ‘n oomblik terug by die Kruis en onthou dat Ek eens tussen die mense gelewe het.
Ek verstaan jou pyn van verwerping. Ek verstaan die versoekings wat op jou pad kom. Ek weet hoe verlate en ver mens soms van God kan voel.
Maar Ek weet ook dat God se plan soveel grooter is.
God se genade is om jou soos die suurstof wat jy inasem.
Die lewe gebeur sonder dat jy veel mag daaroor het.
Die ware stryd lê in dit wat die oog nie kan sien.
Elke dag gebeur dinge om jou en jy moet keuses maak.
Wel los die keuse vir My.
Ek ken jou toekoms.
Plaas jou vertroue op My.

Posted in Gedigte.

One Comment

  1. Lewe is kort en ons moet dankbaar wees vir die tyd wat ons het op die aarde en met die mense wat op ons pad geplaas is en die voorreg het om kinders te kan hê en n vrou of om n man wat mens kan lief hê liewer n jaar van liefde as n leeftyd sonder liefde

Leave a Reply