Ek stuur vir jou

Ek stuur vir jou ‘n smilley drukkie.
Maar sou graag my arms sag om jou wou vou.
Ek stuur vir jou ‘n prentjie blomme.
Maar ek weet jy sou die reuk van ‘n regte blom meer waardeer het. Ek stuur vir jou ‘n lekker oopmond smilley lag.
Maar ek weet jy mis die klank van my eie lag.
Ek stuur vir jou ‘n rooi smilley kwaai gesiggie.
Ai jy sou net geweet het hoe om jou gesig te plooi om weer te laat lag. Ek stuur vir jou ‘n smilley traantjie.
Ag ek wens so jy kan my regtig troos.
Ek stuur vir jou biddende hande.
Aha gelukkig bid ek elke dag vir jou.
Ek stuur vir jou ‘n smilley engeltjie.
Maar ek weet Jesus het Sy engele opdrag gegee om jou elke dag te beskerm. Ek stuur vir jou hierdie boodskappie.
Ten minste weet jou nou jy’s baie spasiaal vir my.
Ek stuur vir maar ‘n mooi rooi hartjie.
Want my eie hartjie het ek self nodig.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply