Ek sien om na jou.

Volgende keer wanneer jy deur die misreen na buite kyk
onthou dis My asem wat die donderwolke laat wyk.
Volgende keer wanneer jou bene onder jou swik,
onthou dis My hande wat jou vang en jou kussing skik.
Volgende keer wanneer dit voel of almal hul rug op jou draai, onthou om woorde van liefde en vrede te saai.
Ek sien jou pyn wat gedagtes van wantroue in jou veroorsaak. Ek hoor die agterdog in jou stem wanneer jy praat.
Ek voel jou haat wanneer jy ‘n sarkastiese opmerking maak.
Ek sien hoe jy minderwaardig voel wanneer jy grootpraat.
Weet jy dan nie dat Ek jou gemaak het soos Ek jou benodig ?
Weet jy dan nie dat jou glimlag en vriendelikheid ‘n ander se denkwyse kan verander ? Ek sien om na jou, vertrou My net.
Bring jou probleme vir My en vergeet daarvan.
Jy is Myne, Ek het jou op jou naam geroep.
Ek sien om na jou, want Ek het jou nodig om ‘n volgende na My te bring.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply