Ek sien jou

Ek was vandag weer langs jou en het jou dop gehou.
Ek wou jou hartklop stadiger maak sodat jy kon ontspan.
Maar jou gedagtes het op loop gegaan, jy het iets anders beplan. Ek het gewag dat jy My hulp inroep, My hulp vra.
Maar jy was te haastig en het gesukkel met al die onnodige dinge wat jy saam dra. Ek was daar toe jy huil, wou jou trane afvee,
maar jy het My hand weggeklap en op My geskree.
Ek het vir jou gese om stadiger te ry,
maar jy’t vir My gelag en gese, die speedcops sal nie so laat wakker bly. My liewe kind, Ek was daar by jou die hele tyd.
Maar jy wou nie na My trooswoorde luister, jy’t verkies om My te verwyt. Weet jy dan nie dat Ek jou deur die moeilike tye sal dra?
Waarom glo jy nie in My.
Ek is die Alfa en die Omega.
Raak nou rustig want Ek is steeds hier.
Ek sal nie verdwyn soos ‘n ou modegier.
Ek het jou geskape vir ‘n belangrike doel.
Glo in My opstanding en vergeet die warboel.
Gee vandag al jou onbeantwoorde vra vir My.
Ek sal jou vashou en by jou bly.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply