Ek sal jou nooit verlaat

Ek sal jou nooit verlaat

Voel jy die aanraking van My hand op jou skouer ?
soms wyse woorde van iemand ouer
En soms is dit deur ‘n glimlag van iemand jonger
Ek sal altyd iemand stuur om jou styf vas te hou
Solank jy jou huis op My rots kom bou
Ek sal jou altyd dra deur tye wanneer jy nie weet waarheen
Met liefde en vriende wat vir jou omgee sal Ek jou seën
Die son stuur Ek vir jou sodat sy strale jou kan warm hou
En die maan en sterre is om jou op die pad, in die donker te hou Die gekleurde blare in die herfs, iets mooi vir jou om na te kyk En die reënboog is daar sodat jy kan onthou van die donderwolke wat wyk Telkens stuur Ek vir jou ‘n boodskap sodat jy kan weet
Iemand so spesiaal soos jy sal Ek nooit vergeet
Dis so, soms is jy die een wat reken dat jy My nie waardig is Soms is dit jy wat eenkant staan en dink dat Ek jou nie sal mis Maar Ek sal jou nooit verlaat en eenkant toe skuif
Jou glimlag is vir My mooi, voel My vingers deur jou kuif,
My oë word vol trane as Ek jou sien huil
So vee af jou trane, dit maak jou pragtige wange vuil
Bring terug die glimlag in jou oë wat Ek met sorg gekleur het Bring terug jou geloof wat Ek in jou hart kom lê het
Ek het jou self in jou moeder se skoot kom lê
En Ek het jou naam op haar lippe kom lê
Jou naam is by My Engele opgeteken
Deur jou geloof in Christus het jy reeds die dood gewen
Ek sal jou verlaat

Posted in Gedigte.

Leave a Reply