Ek ken jou

Elke dag is Ek reeds bewus hoe jou dag gaan wees
Ek weet wat jou gaan laat skaterlag
dan lag Ek saam van pure blydskap
Ek weet wat gaan jou oë laat skitter van aandoening
dan voel Ek saam jou die opgewondenheid
Die kere wat die trane oor jou wange loop
voel Ek ook jou pyn
Maar weet dat dit nie is om jou te straf
elke mens het die voorreg om sy eie besluit te neem;
daarom gebeur dit soms dat ander jou nie in ag neem
dis die rede waarom jy soms so alleen voel.
My geliefde kind, weet verseker dat Ek jou ken
My aanraking is soms om jou te laat stop
halt ‘n oomblik, haal diep asem, kyk vir ‘n slag om jou rond: Sien jy ‘n ander se lewe raak?
Dit wat jy as vanselfsprekend aanvaar moet ‘n ander as onmoontlik beskou. Dink vir ‘n oomblik aan die wat minder het as jy en tog is hulle dankbaar vir wat hulle het. My geliefde kind, wees tog nie bevrees oor wat vandag sal bring. Ek is by jou.
Wees nie bekommerd oor môre, want My planne vir jou het reeds begin.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply