Ek ken jou verlange

Ek hoor die verlange in jou stem. Ek sien die pyn in jou oë. Ek weet jy het dinge anders beplan. Soms voel dit of Ek jou hele wêreld omkeer. Soms kom haal Ek iemand wat jy nog nodig het. Soms is ‘n ander se probleme net te veel en hulle leef by jou verby. My liefde vir jou sal altyd dieselfde wees. My genade is soms onverstaanbaar vir jou. Die mense om jou neem soms hul eie besluite. Ek sit hier by jou voete. Elke asemtuig is ‘n bewys dat Ek jou in My hande toevou. Die trane op jou wang is aan My bekend. Ek sal jou hand nooit los nie. Vertrou op My. Sien die reënboog in die donderwolke. Kom rus hier teen My bors. Kom kry jou krag vir hierdie nag by My. Ek sal jou nooit verlaat nie. Jy is My lieflingskind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply