Ek is

Ek is

Waarom draai jy weg van My ?
Weet jy dan nie hoe lief het Ek jou gekry ?
Dit was Ek wat jou vasgehou het daardie dag wat jy gehuil het. Dit was Ek wat jou oë toegehou het sodat jy nie moet sien wat oppad is. Weet jy dan nie daar is altyd ‘n rede vir als wat met jou gebeur ? Het jy reeds vergeet dat Ek verskeie maniere het om met jou te praat ? My liewe, liewe kind, jy is so kosbaar vir My.
En soms lyk dit of Ek jou straf maar soms is dit om jou nader aan My te kry. En soms het ander mense besluit om weg te beweeg van My en daarom kry jy seer. Word stil vir ‘n oomblik en luister na My roepstem.
My liewe, liewe kind, voel My aanraking in die hand van ‘n vriend. Hoor My stem in die vorm van jou eie gedagtes.
Raak rustig en weet : Ek is die Here jou God.
My liewe, liewe kind, onderskei My stem in die lawaai om jou. Sien die reën as ‘n seëning, vertrou My besluite in jou lewe. Bring jou probleme vir My en los dit hier.
Dra jou mense aan My op, Ek weet hoe om met hulle te werk.
My liewe, liewe kind, rus jou kop op My skouer vir ‘n oomblik. Maak toe jou oë en hou op stry teen My besluite.
Nie alles is verlore of verby.
Ek is vandag soos Ek gister was en soos Ek more ook gaan wees.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply