Ek is by jou

Ek is by jou

Ek het jou pad ver vooruit gesien
Ek weet sommige dinge wat gebeur het jy nie verdien
Maar Ek hou jou hand baie styf in Myne
Ek stuur van tyd tot tyd vir jou waarskuwings seine
Ek probeer vir jou wys waar jy moet afdraai
Maar jy verkies om toe te laat dat die wind jou waai
Ek sal saam met jou gaan as jy My vra om so te maak
Ek sal jou leer hoe om weg te doen met die slegte smaak
Ek stap altyd die pad saam met jou al dink jy nie so
Ek kyk nie op jou neer waar Ek is hier Bo
Want as jy My nooi is Ek in jou hart
En neem Ek die stuur oor, al voel dit soos ‘n wille vaart
As jy My vra en jou ore hoor die woorde, weet Ek jy sal dit glo So volgende keer as dit voel of die stormwind jou wil om waai Weet dis Ek wat jou in ‘n ander rigting wil stuur hier van Bo Dis Ek wat jou wil laat besef dat jy moet omswaai
Elke tree wat jy gee was Ek nog altyd by jou gewees
En soms het jy My handeling verkeerd gelees
Jy is My kind en Ek is lief vir jou
As jy My vra sal Ek saam met jou gaan
My liefde vir jou is altyd warm al voel dit vir jou soms lou Soms tel Ek jou hoog op en dan voel dit vir jou of jou wêreld gaan staan As jy My vra sal Ek jou vyande voor jou oë verdryf
Die eenigste aanraking wat jy voel is My hande om jou lyf
Jy is My kind en Ek wil jou van die pyn verlos
Saam met My is die lewe so gou verby dat die hitte daarvan jou verwarm Soms verskuil Ek jou eers iewers tussen ‘n digte bos
Maar Ek sal jou altyd weer daar kom haal
As jy My vra sal Ek jou gee, maar Ek wil jou nooit verarm
Jy is Myne, Ek het jouself in die skoot van jou moeder kom lê Vertrou op My, en nie wat die bose vir jou sê
Ek sal jou nooit verlaat om op jou eie voort te struikel

Posted in Gedigte.

Leave a Reply