Ek hoor jou roep

Om my is dit donker:
my toekoms is deur mekaar.
Iewers in die mis sien ek onbekende figure.
Die geluide dring tot diep in my siel.
Jy roep van iewers uit die toekoms na my;
“gee jou hand dan help ek jou op”
Jy klink so ver van my.
Ek wil so graag nader aan jou wees,
maar hierdie monster trek my af.
Sonder dat ek dit langer wil doen,
trek die monster my dieper in hierdie bodemlose put in.
Al weet ek daar is ‘n beter plek vir my by jou;
Al klink jou stem so uitnodigend sag.
Soveel liefde en geduld,
ek voel hoe jy my teen jou liggaam vasdruk.
Hier by jou sal ek veilig wees;
Solank jy my naam sag sal roep.
Moenie my hand los nie
ek voel die hande wat my verder wil aftrek.
Hul roggel stemme wat diep in my skree,
of is dit my eie hulpkreet
Die koue wat my omvou en teen my bene opkruip.
Jou warmte trek my nader.
Dalk sal jy my nog kan red.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply