Einde

Niks is ooit vir altyd en alles wat begin sal wel weer eindig. Soms voel mens dat die einde te gou gekom het.
Ander kere wens jy die einde het al aan gebreek.
Geniet elke sekonde van dit wat goed is
haal soveel moontlik daaruit om jou op te bou soos jy verder gaan. En self al was dit iets wat nie goed was, leer daaruit
en sien die tekens betyds as jy weer in so ‘n situasie beland. Soms is dit wat goed is vir jou juis sleg,
en soms is dit wat dink sleg is juis goed vir jou.
Wees verseker dat alles met ‘n rede gebeur.
Mense wat jou lewenspad kruis, elkeen met hul eie doel.
Dinge wat met jou gebeur, goed of sleg.
Staan vas in jou geloof en beginsels.
En luister na jou innerlike stem.
Alles kom eendag tot ‘n einde,
alles in jou lewe vorm en maak jou.
Soms kan jy terug kyk en onthou hoe nice dit was.
Ander kere sluit jy dit uit jou gedagtes en vergeet daarvan. Wees verseker dat jy te alle tye iets vir iemand beteken.
Dankie vir jou aandeel in my lewe.
Dankie dat jy ook ‘n begin was in my lewe.
En die goed wat jy aan my gedoen het,
sal nooit ‘n einde kry nie.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply