Eerstelig

Vroeg, reeds met die eerstelig, stuur U, U genade oor ons.
Soos syferwater loop dit onder ons voete deur,
van ons voetsole af, daar begin U genade werke reeds.
Op die voetpad deur ons lewenswoud is daar soms skerp klippe wat ons oopsny soms is die klippies los en laat ons gly
Maar altyd is daar iets waaroor ons kan verstom staan,
‘n Reuse boom wat omgeval het, en steeds, deur U genadegawes kan groei en blom. Heer, leer ons om soms vir ‘n oomblik te gaan sit op ‘n klip, rustig te luister na U musiek op die wind.
Heer, maak ons weer need’rig om U grootheid in te neem.
Soos stroompies water vloei U genadegawes oor ons hard gebakte kors.
Soms, deur fyn krakies in die rots, koel U genade die lawa in ons vulkaanharte. Heer, ek bid vir die wat so besig is om te oorleef, en so nie die mos om hul voete gewaar.
Heer, ek bid dat U hulle tot hul knieĆ« sal dwing om U wondergawes ook op hul handpalms te laat voel. Wat ‘n voorreg is dit om deur U woud
te mag stap.
Heer, dankie vir die laning bome wat ons beskerm teen die son se warm strale. Dankie vir die koel waterstrompies waarin ons kan afkoel en ons dors kan les.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply