Eerste indrukke

Eerste indrukke is mos blywend Dit kan aangenaam wees Of regtig baie scary Of sommer net nice ‘n Eiland vakansie, Mmmm dis mos nou romanties. Met die son wat so heerlik op jou bak, en die rustige golfies wat oor jou voete gly. Wees maar bedag op die see se vermoeĆ« So lag-lag kan jou tande die hasepad kies, en dan praat ons nie eens van jou bikini top. So gly-gly kan jou wiele tot diep in die sandwal sak. Maar hey, eerste indrukke kan ook indrukwekkend wees. Met oop en skoon strande Die wonder van ‘n sonopkoms oor die. Wat kan tog mooier wees? Hier kan jy weer leer om rustig te raak, kom kyk gerus hoe gelukkig en vrolik kan mens wees met so min. Kom leer hier hoe om ‘n vreemdeling met respek en oorgawe te verwelkom. Eerste indrukke is blywend. Diep in my siel gekerf waar woorde nog skarrel tot by ‘n gedig.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply